Gaan na inhoud

Boswaaierstertmuis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Oesjaar (besprekings | bydraes) op 15:22, 28 Mei 2020 (→‎Habitat en gewoontes: Skakels)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Boswaaierstertmuis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
G. murinus
Binomiale naam
Graphiurus murinus
(Desmarest, 1822)

Die Boswaaierstertmuis (Graphiurus murinus) kom in die hele Suid-Afrika voor behalwe die weste; ook in Botswana, Zimbabwe en noordoos Namibië.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die knaagdier se kleur is grys en om die oë is 'n eiesoortige donker kol. Die keel en onderkant is wit. Die dier word tot 16cm lank en weeg ±30g.

Habitat en gewoontes

[wysig | wysig bron]

Hulle woon in oop boomveld, bosveld en selfs woud en is nagaktief. Die diertjie lewe in gate in bome of maak 'n nes van gras en blare. Daar word 1 - 3 kleintjies in die somer gebore. Hulle eet insekte, ander ongewerweldes, sade en ander plantmateriaal.

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]