Gaan na inhoud

Krieket Wes-Indië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Krieket Wes-Indië (Engels: Cricket West Indies) is die beheerliggaam van krieket in Wes-Indië. Dié krieketraad verteenwoordig 15 onafhanklike lande en oorsese gebiede, waarvan die meeste voormalige Britse kolonies. Hulle hou onder andere toesig oor die Wes-Indiese nasionale krieketspan. Dit is een van die twaalf volle lede van die Internasionale Krieketraad en mag dus toetskrieket speel.