Gaan na inhoud

Internasionale eendagwedstryd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur EmausBot (besprekings | bydraes) op 22:11, 25 Februarie 2013 (r2.7.2+) (robot Bygevoeg: simple:One Day International)
'n Een dag internasionaal tussen Australië en Indië in Melbourne.

'n Internasionale eendagwedstryd (Engels: One Day International, afgekort ODI) is 'n tipe krieketwedstryd waar twee internasionale spanne op een dag 'n beperkte aantal boulbeurte speel (gewoonlik 50 elk). Die Krieket Wêreldbeker word onder andere in hierdie formaat gespeel. Afrikaanse koerante gebruik meestal die Engelse afkorting ODI om na internasionale eendagwedstryde te verwys.

Internasionale eendagwedstryde is in die laat twintigste eeu ontwikkel. Die eerste ODI is op 5 Januarie 1971 tussen Australië en Engeland op die Melbourne Krieketgronde beklink. Nadat die eerste drie dae uitgereën het, het wedstrydbeamptes besluit om die toets af te las en eerder 'n eendagwedstryd van 40 agt-bal boulbeurte te speel. Australië wen die wedstryd met 5 paaltjies.

Op die oomblik het 16 lande ODI-status en kan daarom aan ODI-wedstryde deelneem. Dit sluit al die lande wat toetskrieket speel in, sowel as lande wat tydelike ODI-status van die Internasionale Krieketraad ontvang het. Die doel van tydelike status is om opkomende krieketlande die geleentheid te gun om teen die top lande mee te ding.

Lande met permanente ODI-status

Die tien lande met permanente ODI-status is:

Lande met 'n tydelike ODI-status

Die ses lande met 'n tydelike ODI-status is:

Hierdie lande behoud hulle ODI-status tot die kwalifikasies vir die Wêreldbeker van 2013.

Lande met 'n voormalige ODI-status

Lande kan hulle ODI-status verloor deur slegte prestasies by die Wêreldbeker vir B-lande of deur 'n besluit van die IKR. Daar is ook lande wat tydelike ODI-status verkry het om aan 'n bepaalde toernooi te kan deelneem.

  • Vlag van Bermuda Bermuda, van 1 Januarie 2006 tot 8 April 2009
  • Vlag van Hongkong Hongkong, van 16 tot en met 18 Julie 2004 en van 24 tot en met 25 Junie 2008
  • Vlag van Namibië Namibië, van 10 Februarie tot en met 3 Maart 2003
  • Oos-Afrika, van 7 tot en met 14 Junie 1975
  • Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate, van 13 tot en met 17 April 1994, van 16 Februarie 1996 tot en met 1 Maart 1996, van 16 tot en met 17 Julie 2004 en van 24 tot en met 26 Junie 2008
  • Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State, van 10 tot en met 13 September 2004