Gaan na inhoud

Ierse See

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Satellietbeeld van die Ierse See.
Ligging van die Ierse See in Europa.
Kaart wat die Ierse See vertoon.

Die Ierse See (Engels: Irish Sea, Iers-Gaelies: Muir Éireann, Manx-Gaelies: Mooir Vannin, Skots: Erse Sea, Skots-Gaelies: Muir Èireann, Ulster-Skots: Airish Sea, Wallies: Môr Iwerddon) is geleë tussen die Britse Eilande Ierland in die weste en Groot-Brittanje in die ooste. Die Eiland Man is in die sentrum en Anglesey in die suide van die Ierse See geleë. Die see word in die noorde deur die Noordkanaal en in die suide deur die Sint-Georgekanaal met die Atlantiese Oseaan verbind.

Aan die Ierse See grens die Republiek van Ierland en die Verenigde Koninkryk met die lande Engeland, Noord-Ierland, Skotland en Wallis asook die Britse Kroongebied Eiland Man. Belangrike stede is die Ierse hoofstad Dublin of Baile Átha Cliath, die Engelse hawestede Blackpool en Liverpool asook die hoofstad van die Eiland Man, Douglas.