Gaan na inhoud

Makhaya Ntini

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur KabouterBot (besprekings | bydraes) op 07:50, 10 September 2018 (Uitleg van bronteks)
Makhaya Ntini
Ntini op Edgbaston, 31 Julie 2008
Volle naam Makhaya Ntini
Gebore 6 Julie 1977 (1977-07-06) (47 jaar oud)
King William's Town, Suid-Afrika
Bynaam(e) The Mdingi Express
Lengte 1.75 m
Kolfstyl Regshandig ortodoks
Boulstyl Regterarm vinnig
Rol Bouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut 19 Maart 1998 v Sri Lanka
Laaste Toets 26 Desember 2009 v Engeland
EDI debuut 16 Jan 1998 v Nieu-Seeland
Laaste EDI 17 April 2009 v Australië
EDI hempno. 16
T20I debuut 11 Sep 2007 v Wes-Indië
Laaste T20I 9 Januarie 2011 v Indië
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
1995–2003 Grens
2004–2012 Krygers (Warriors)
2005 Warwickshire graafskap
2008–2010 Chennai Super Kings
2010 Kent graafskap
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang A-lys
Wedstryde 101 173 190 275
Lopies aangeteken 699 199 1284 328
Kolfgemiddeld 9.84 8.65 9.44 7.28
100s/50s 0/0 0/0 0/0 0/0
Hoogste telling 32* 42* 34* 42*
Aflewerings geboul 20,834 8,687 35,039 13,053
Paaltjies 390 266 651 388
Boulgemiddeld 49.77 24.51 28.98 25.28
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 18 4 27 9
10 paaltjies in 'n wedstryd 4 n/a 5 6
Beste boulontleding 7/37 6/22 7/37 6/22
Vangskote/Stonkings 25/– 30/- 40/- 50/-
Bron: CricketArchive, 30 November 2013
Makhaya Ntini tydens 'n oefening op die Sydney Cricket Ground in Januarie 2009.

Makhaya Ntini OIS (6 Julie 1977 naby King William's Town, Oos-Kaap) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wat die eerste etnies-swartspeler vir die Suid-Afrikaanse span was.

Eerste jare

Twee jaar nadat sy talent in die Grens ontdek is, word hy gekies om Engeland toe te toer met die Suid-Afrikaanse o.19-span, en speel in al vyf die internasionale wedstryde. Engeland oorheers beide eendagwedstryde op die toer met die Suid-Afrikaners wat net een paaltjie kon neem, deur Pierre Joubert. [1] In die toetsreeks, wat Engeland met 2-0 wen, neem Ntini altesaam nege paaltjies, die tweede meeste deur 'n Suid-Afrikaner. [2] Sy boulwerk was duur en kom teen 'n koers van 4.53 lopies per boulbeurt, meer as enige ander Suid-Afrikaner met die uitsondering van Mark Boucher, wat eintlik 'n paaltjiewagter was. [2][3] Na twee wedstryde vir die Grens teen die toerende Keniane, [4] het Ntini sy eersterangse debuut in November 1995 teen 'n Engelse XI gemaak.[5] Hy het twee paaltjies ingeoes in Engeland se enigste beurt, waartydens Grens deeglik die loef afgesteek is. [6]

In sy debuutseisoen neem Ntini 17 paaltjies teen 'n gemiddeld van 37,05 in eerste-klas wedstryde.[7] Sy beste vertoning in 'n beurt was teen die Vrystaat, toe hy drie paaltjies vir 49 lopies geneem het tydens sy 17 boulbeurte.[8] Hy toer weer saam met die nasionale onder-19s in Maart en April 1996 na Indië. Ntini wys sy talent tydens die derde wedstryd met 6/53 in die eerste beurt en 3/48 in die tweede beurt. [9]

Internasionale loopbaan

As snelbouler was hy geneig om wyd van die paaltjies te boul met lewendige aflewerings en goeie vaart. Hy oorleef politieke omstredenheid vroeg in sy loopbaan, en word slegs die derde Suid-Afrikaner om 300 toetspaaltjies te neem naas Shaun Pollock en Allan Donald, en die tweede plek op die IKR-toetsboulranglys in te neem. Hy het later, tot die 2010-seisoen, plaaslike krieket vir die Chennai Super Kings in die Indiese Premierliga gespeel.

Ntini keer terug na die Suid-Afrikaanse span vir 'n Sharjah toernooi in 2000. Sy verbetering was duidelik sigbaar toe hy met groter beheer geboul het. In 2003 word hy die eerste Suid-Afrikaner om 10 paaltjies op Lord's Cricket Ground te neem. Dit was waarskynlik Ntini se beste vertoning, behalwe toe hy 13 paaltjies vir 132 lopies teen die Wes-Indiese Eilande in Port-of-Spain geneem het op 12 April 2005. Dit bly die meeste paaltjies deur 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler in 'n toets geneem. Op 3 Maart 2006 het Ntini ook die beste boulsyfers deur 'n Suid-Afrikaner behaal in 'n eendagwedstryd, deur Australië met 6 paaltjies vir 22 lopies te vermorsel.

Rekords

Ntini het homself as Suid-Afrika se beste snelbouler en een van die voorste snelboulers in die wêreld gevestig. In Februarie 2009 beklee hy die vyfde posisie as wêreldtoetsbouler na Muttiah Muralitharan, Dale Steyn, Stuart Clark en Mitchell Johnson, maar daal ook tot 25ste posisie as eendaagse bouler, volgens die IKR se ranglys. [10]

Op 20 Januarie 2007 het Ntini Mohammed Sami verbygesteek om sy 300ste paaltjie in sy 74ste toets te neem. Op 1 Augustus 2008 het hy Engeland se aanvangskolwer Alastair Cook uitgehaal om sy 350ste toetspaaltjie in sy 90ste toets te eis.

Op 17 Desember 2009 speel hy in sy 100ste toets, steeds die enigste swart Suid-Afrikaanse krieketspeler wat die merk kon bereik. Maar nadat hy reeds sy plek in die eendaagse span verloor het, is hy uit die toetsspan gelaat na swak vertonings teen Engeland.

Ntini het op 9 Januarie 2011 uit alle vorme van internasionale krieket getree, na 'n T20-wedstryd teen Indië in Durban. [11][12]

Verwysings

  1. "Under-19 ODI Bowling for South Africa Under-19s: South Africa Under-19s in England 1995". "CricketArchive". Besoek op 9 Januarie 2011.
  2. 2,0 2,1 "Under-19 Test Bowling for South Africa Under-19s: South Africa Under-19s in England 1995". "CricketArchive". Besoek op 9 Januarie 2011.
  3. "Player Profile: Mark Boucher". "CricketArchive". Besoek op 9 Januarie 2011.
  4. "Other matches played by Makhaya Ntini (66)". "CricketArchive". Besoek op 9 Januarie 2011.
  5. "First-Class Matches played by Makhaya Ntini (190)". CricketArchive. Besoek op 9 Januarie 2011.
  6. "Border v England XI in 1995/96". CricketArchive. Besoek op 9 Januarie 2011.
  7. "First-class Bowling in Each Season by Makhaya Ntini". "CricketArchive". Besoek op 9 Januarie 2011.
  8. "Border v Free State in 1995/96". "CricketArchive". Besoek op 9 Januarie 2011.
  9. "India Under-19s v South Africa Under-19s in 1995/96". "CricketArchive". Besoek op 15 Januarie 2011.
  10. Lgiccrankings.Com. URL besoek op 2012-08-20.
  11. "India wins one-off T20I at Durban". IndiaVoice. 11 Januarie 2011. Besoek op 12 Januarie 2011.
  12. "'People's champ' of SA cricket retires". South African Government Online. 3 November 2010. Besoek op 31 Oktober 2011.



Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.