Gaan na inhoud

Sambesi

Koördinate: 17°30′S 24°16′E / 17.500°S 24.267°O / -17.500; 24.267
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sambesi
Hoofstad: Katima Mulilo
Grootste stad: Katima Mulilo
Webwerf: www.arc.org.na/home.php?pn=caprivi_council
Ligging van Sambesi in Namibië

Sambesi (Engels: Zambezi), tot om middernag op 8 Augustus 2013 Caprivi, is een van die 14 streke van Namibië. Die streek is voorheen genoem na die Kaprivistrook, wat op sy beurt vernoem is na die Duitse kanselier, Leo von Caprivi. Sambesi se hoofdorp en grootste nedersetting is Katima Mulilo. Die streek word in die weste begrens deur Kawango-Oos. Die goewerneur is Lawrence Sampofu (Swapo).

In die Namibiese plaaslike en streekverkiesings het 2015 Swapo in al agt kiesafdelings gewen.[1]

Aardrykskunde

Die Kaprivistrook waarin die Zambezi-streek geleë is, is 'n tropiese gebied, met hoë temperature en baie reënval gedurende die Desember tot Maart reënseisoen, wat dit die natste streek van Namibië maak. Die terrein bestaan hoofsaaklik uit moerasse, vloedvlaktes, vleilande en bosse.

Grense

Die Sambesi-streek is amper heeltemal omring deur die buiteland. Die enigste binnelandse grens is 'n kort verbinding in die weste met Kawango-Oos.

Flora en fauna

Die streek is tuiste vir 450 dierespesies, insluitend olifante, wat die Sambesi-streek 'n gewilde wildkykplek maak. Die wild word beskerm deur verskeie nasionale parke. Diere reis vrylik oor die ongemerkte grens met Botswana, waar die Chobe Nasionale Park lê. Die Caprivi-strook is ook 'n voorste voëlkyk-gebied, met byna 70 persent voëlspesies wat in Namibië aangetref word, hier aangeteken.

Ekonomie en infrastruktuur

Volgens die 2012 Namibiese Arbeidsmag-opname is werkloosheid in die Zambezi-streek 28.0%.[2]

Bevolking

Meer as 90 000 mense woon in die Sambesi-streek van Namibië, ongeveer 4% van Namibië se bevolking. Die bevolking bestaan hoofsaaklik uit bestaansboere wat op die oewers van die Zambezi, Kwando, Linyati en Chobe rivier woon.

Verwysings

  1. Regional Council Election Results 2015. Electoral Commission of Namibia (3 Desember 2015).
  2. Duddy, Jo Maré (11 April 2013). "Unemployment rate still alarmingly high". The Namibian.

17°30′S 24°16′E / 17.500°S 24.267°O / -17.500; 24.267