Gaan na inhoud

Sekstant (sterrebeeld)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur BurgertB (besprekings | bydraes) op 13:51, 10 Julie 2012 (Nuwe artikel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Sekstant

Latynse naam Sextans
Genitief Sextantis, Sextansis
Afkorting Sex
Grootte 314 vk. grade (47ste)
Regte klimming 10 h
Deklinasie
Kwadrant SQ2
Hoofsterre 3
Helderste ster Alpha Sextantis (α Sex)
Naaste ster LHS 292
Sterre helderder as 3.00m 0
Sterre met planete 5
Aangrensende sterrebeelde Leeu
Noordelike Waterslang
Beker

Die Sekstant (Latyn: Sextans) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in 1687 deur die sterrekundige Johannes Hevelius voorgestel en is genoem na die meetinstrument sekstant, wat hy dikwels in sy waarnemings gebruik het.

Ruimtevoorwerpe

Die Sekstant dek ’n taamlik yl, dowwe deel van die hemelruim. Dit het net een ster met ’n helderheid van groter as 5 mag, Alpha Sextantis (4,49 mag). Daar is ’n paar dubbelsterre soos Gamma, 35 en 40 Sextantis, asook ’n paar veranderlike sterre soos Beta, 25 en 23 Sextantis.

Die Sekstant bevat net een noemenswaardige sterrestelsel, NGC 3115. Die maan en van die planete beweeg soms vir kort ’n ruk daardeur.

Verwysings

Eksterne skakels