Gaan na inhoud

Suidelike Verenigde State

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Suidelike Verenigde State - dikwels ook die Suidstate, Suidelike State, die Amerikaanse Suide, Dixie, Dixieland of net die Suide genoem - is 'n streek van die Verenigde State van Amerika (VSA). As 'n hoofsaaklik kulturele en historiese konsep dek die Amerikaanse Suide nie juis die geografiese suide van die land nie, maar eerder 'n gebied in die suidosste van die VSA. So word die deelstate Arizona en Nieu-Mexiko ongeag hul ligging in die suidelike deel van die land nouliks by die Suidelike Verenigde State gereken nie, terwyl Wes-Virginië, wat in 1861 van die deelstaat Virginië afgeskei het, wél as deel van die Suide beskou word.[1][2]

Sommige wetenskaplikes het afwykende definies vir die Amerikaanse Suide ontwikkel wat nie noodwendig met deelstaatgrense ooreenstem nie.[3][4]

Verwysings

  1. Southeastern Division of the Association of American Geographers
  2. Geological Society of America
  3. Joel Garreau: The Nine Nations of North America. Avon Books 1982
  4. Colin Woodard: American Nations: A History of the Eleven Rival Regional Cultures of North America. Penguin Books 2012