Gaan na inhoud

Franse kommunes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kaart van die kommunes van Frankryk se metropolitaanse gebiede

Die kommune of commune (Franse uitspraak: [kɔmyn] ()) is 'n administratiewe afdelingsvlak in die Franse Republiek. Franse kommunes is soortgelyk aan munisipaliteite in Suid-Afrika, gemeinden in Duitsland, comuni in Italië, gemeentes in Nederland of municipios in Spanje. Die ekwivalent in die Verenigde Koninkryk is die administratiewe parogie. Die kommune is gebaseer op historiese geografiese gemeenskappe of dorpe, en is beklee met beduidende magte om die bevolkings en grond van die geografiese gebied te bestuur. Die kommune is die vierde administratiewe afdelingsvlak van Frankryk.

Kommunes verskil beduidend wat grootte en area betref; van groot uitgestrekte stede met miljoene inwoners soos Parys, tot klein gehuggies met slegs 'n handvol inwoners. 'n Kommune is tipies gebaseer op 'n voorafbestaande dorp en fasiliteer plaaslike bestuur. Alle kommunes beskik oor name, maar nie alle benoemde geografiese areas of groepe mense wat saam woon is kommunes ("lieu dit" of "bourg") nie. Die verskil lê in die gebrek aan administratiewe magte.

Behalwe vir die munisipale of kommunale arrondissemente[1] van Frankryk se grootste stede, is die kommune die laagste administrasievlak in Frankryk en word dit bestuur deur verkose beamptes soos 'n burgemeester (maire) en 'n munisipale raad (conseil municipal). Die rade beskik oor uitgebreide outonome magte om nasionale beleid te implementeer.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. In Frankryk is 'n munisipale of kommunale arrondissement (Frans: arrondissement municipal [aʁɔ̃dismɑ̃ mynisipal]) 'n onderafdeling van die kommune (Dit staan administratief gelyk aan kantons.). Dit word in die land se drie grootste stede gebruik: Parys, Lyon en Marseille. Dit funksioneer as 'n selfs laer administratiewe afdeling met sy eie burgemeester. Alhoewel dit bloot na verwys word as "arrondissemente", moet dit nie verwar word met die departementele arrondissemente nie, wat groepe kommunes binne een Département is.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • La Documentation française Le développement de l'intercommunalité: la révolution discrète Geargiveer 12 Oktober 2005 op Wayback Machine (in Frans)
  • Les villes et communes de France Geargiveer 10 Julie 2019 op Wayback Machine lescommunes.com: contacts, offices du tourisme et maire, Hall and Tourist Office, statistiques, photographies. (in Frans)
  • Maryvonne Bonnard, Les collectivités territoriales en France, 2005, La Documentation française, ISBN 2-11-005874-9 (in Frans)
  • Cour des comptes (2005). "L'intercommunalité en France" (PDF). Journaux Officiels. Parys: 370. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2023. Besoek op 8 Februarie 2022.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]