Gaan na inhoud

Koper(I)fosfied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Koper(I)fosfied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
 
Olofsson se struktuur
Chemiese formule Cu3P
Molêre massa 252,59 [g/mol][1]
CAS-nommer 12019-57-7[1]  
Voorkoms gelerig grys vastestof[1]  
Reuk reukloos[1]
Fasegedrag  
Fase Moderne weergawe 
Selkonstantes a= 695,9pm, c=714,3pm[2]  
Ruimtegroep P63mc 
Nommer 185  
Fase Verouderde struktuur (sien teks) 
Selkonstantes a=707,0pm, c=713,5pm[3]  
Ruimtegroep P3c1 
Nommer 165  
Strukturbericht D0₂₁
Smeltpunt 900 °C[1]
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheid onoplosbaar[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Koper(I)fosfied of trikoperfosfied is 'n verbinding van koper en fosfor met die chemiese formule Cu3P.

Dit is een van verskeie koperfosfiede, soos CuP2 en Cu2P7, maar dit is die enigste wat blootgestel aan die lug stabiel is.[4] Die verbinding is nie heeltemal stoigiometries nie, ten minste by 700 °C. Dit kan geskryf word as CuxP met 2,82<x<2,73 by hierdie temperatuur.[5]

Kristalstruktuur

[wysig | wysig bron]

Koper(I)fosfied kristalliseer in 'n heksagonale struktuur met ruimtegroep P63mc.[2] Aanvanklik is die verbinding beskryf as die argetipe van die trigonale D021-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie met ruimtegroep P3c1. Daar is verbindings soos lantaanfluoried wat die antistruktuur daarvan het. In 1972 het Oloffson egter getoon dat koper(I)fosfied self nie hierdie struktuur het nie.[5][3] D021 word daarom soms die lantaanfluoriedstruktuur genoem in plaas van die koper(I)fosfiedstruktuur.

Die ideale (stoigiometriese) heksagonale struktuur kan beskryf word as 'n komplekse reeks van onderling gekoppelde driehoekige prismas (PCu6) met een bykomende koperatoom buite elk van die reghoekige en trigonale vlakke van hierdie prismas.[5]

Chemiese eienskappe

[wysig | wysig bron]

Koper(I)fosfied word industrieel vervaardig deur die elemente by temperature bo 800 °C te verhit. 'n Ander metode is om 'n suspensie van rooi fosfor in etanol op 'n koperfolie te spuit, by 70 °C die etanol te verdamp en die koper met die fosforlagie by 400 °C te verhit.[4]

Navorsing van die materiaal se gebruik as elektrode in litiumselle het getoon dat dit elektrochemies in Li3P omgeskakel kan word. [4]

Die verbinding het katalitiese eienskappe. Bv. dit aktiveer die oksidasie van Oranje II deur peroksiedisulfaat. Dit beteken dat dit die oksidatiewe remediëring van besoedeling kan vergemaklik.[6]

Gebruike

[wysig | wysig bron]

Die verbinding het industriële toepassings as 'n soort fyn soldeersel en as 'n belangrike legeringstoevoeging. Dit is moontlik 'n goeie negatiewe elektrode in spesiale batterye.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "SDS" (PDF). LTS Chem.
  2. 2,0 2,1 "Cu3P Structure: A3B_hP24_185_ab2c_c-001". Aflow.
  3. 3,0 3,1 "Cu3P (D021) Structure: A3B_hP24_165_bdg_f-001". Aflow.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 Heriberto Pfeiffer, Franck Tancret, Marie-Pierre Bichat, Laure Monconduit, Frédéric Favier, Thierry Brousse (2004). "Air stable copper phosphide (Cu3P): a possible negative electrode material for lithium batteries". Electrochemistry Communications. 6 (3): 263–267. doi:10.1016/j.elecom.2003.12.012.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  5. 5,0 5,1 5,2 Olle Olofsson (1972). "The ecrystal structure of Cu3P". Acta chemica scandinavica. 26: 2777–2787.
  6. Shuo Feng, Bing Xiao, Meng Wu, Yun Wang, Rufen Chen, Hui Liu (2020). "Copper phosphide: A dual-catalysis-center catalyst for the efficient activation of peroxydisulfate and degradation of Orange II". Separation and Purification Technology. 248: 117004. doi:10.1016/j.seppur.2020.117004.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)