Gaan na inhoud

Neethlingshof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Neethlingshof
wynmakery
LandSuid-AfrikaWysig
Geografiese ligging33°52′26″S 18°48′9″EWysig
Map

Neethlingshof buite Stellenbosch is een van die oudste wynplase in die land.

Die plaas is by nagenoeg 33° 56′ 28″ suid, 18° 48′ 6″ oos, waar die Baden Powell-verbypad (R310) suidwes wegdraai uit die Polkadraaipad (M12). In 1990 het die plaas die prys verower vir die Suid-Afrikaanse kampioenwyn van daardie jaar.

Oorspronklik was die plaas bekend as Wolwedans en is in 1699 deur die VOC aan Barend Lubbe toegeken. Verskeie geslage van die Neethling-familie het daar geboer en deur huwelike is hulle opgevolg deur die Louw-familie. Die H-vormige huis met sy besondere Kaaps-Hollandse gewel is in 1814 gebou deur Charles Marais. Teen die einde van die 20ste eeu was die eienaar van die landgoed die sakeman, politikus en ambassadeur Jannie Momberg (*27 Julie 1938 - †7 Januarie 2011).

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. A survey of extant architecture from before c1910 in the area of Cape Town, Calvinia, Colesberg, Uitenhage. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004. ISBN 1-86842-191-0

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]