Gaan na inhoud

Natronmeer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Natronmeer, ‘n soutmeer in die noorde van Tanzanië, is ‘n unieke natuurverskynsel wat volgens die Ramsar-konvensie tot belangrike habitat vir watervoëls verklaar is.

Ligging[wysig | wysig bron]

Die meer is 600m bo seespieël en is by nagenoeg tussen 2° 6′ suid, 36° 4′ oos en 2° 36′ suid, 35° 55′ oos. Dus is dit in die oostelike tak van die Skeurvallei met sy noordelikste punt in Kenia. Net suid van die meer is Ol Doinyo Lengai, ‘n aktiewe vulkaan. Arusha is ‘n 100km suidoos, Nairobi is noordnoordwes, Kilimanjaro is suidoos en Serengeti is wes van die meer.

Bron[wysig | wysig bron]

Die meer word gevoed deur die Pinyinyirivier uit die weste, die Ewaso Ngirorivier uit die noorde en enkele mineraalryke warmbronne.

Water[wysig | wysig bron]

Die meer is besonder vlak. Selde meer as 3m diep. Alhoewel die reën tussen Desember en Mei val, is die neerslag baie wisselvallig. Boonop speel verdamping ‘n groot rol, want die dagtemperature styg gereeld tot bo die 40°C. Daarom verskil die afmetings van die meer van tyd tot tyd beduidend. ‘n Gevolg hiervan is dat in droë tye die soutgehalte besonder hoog is. Die alge en bakterieë in die water verkleur dan rooi en kry die water ‘n rooi tot oranje skynsel. Ook die soutkors op die oppervlak van die meer en langs die kante kry deur die mikroörganismes ‘n rooierige skynsel. Dit is uniek, want by ander soutmere is die verkleuring gewoonlik tot wit, grys en blou. Die water stink erg, smaak baie sleg en gee ‘n verrottende stank af.

Lewe[wysig | wysig bron]

Vir mens en dier is die oewers van die meer moeilik om in te leef weens die hoë temperature. Die water is soms selfs 38°C. Die hoë suurgehlate van die water is sleg vir ‘n mens se oë en vel. Die water skrik wildsbokke en roofdiere af. Alge floreer in die soutwater en is ‘n goeie voedselbron vir voëls. Die afwesigheid van roofdiere en die aanwesigheid van baie kos skep ‘n ideale broeiplek vir veral die kleinflamink.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Die meer is afgeleë, moeilik bereikbaar en die omgewing is dun bevolk. Op beperkte skaal wei die Masai se beeste daar in die wintermaande en word ook klein landerytjies bewerk. In 1912 het die Duitsers reeds ondersoek of die ontginning van chemikalieë uit die meer moontlik sou wees, maar die vermenging van die soda en die sout het te veel probleme geskep. Later was daar ‘n klein magnesietmyn op die oostelike oewer. Toerisme wen veld.

Argeologie[wysig | wysig bron]

In die 1960’s is by Pinyinyi op die westelike oewer argeologiese opgrawings gedoen. Die bekende wetenskaplikes Mary en Richard Leaky en Philip Tobias was hierby betrokke.

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • ultimatekilimanjaro.com