Swartogies-slangpaling
Swartogies-slangpaling | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. maculosus
|
Binomiale naam | |
Myrichthys maculosus (Cuvier, 1816)
|
Die Swartogies-slangpaling (Myrichthys maculosus) is 'n vis (daar word na die vis verwys as 'n paling) wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee, die eilande van die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die paling bekend as die Spotted snake eel.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die paling is lig van kleur en die lyf en kop is bedek met klein en groot ronde of ovaalvormige swart of bruin kolle. Die paling kan 1 m lank word. Die dorsale vin is herkenbaar op die rug en die pektorale vinne is ook sigbaar. Die stertpunt is hard en vinloos.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die paling word gereeld gesien in die dag in die sanderige gedeeltes van koraalriwwe. Hulle kom ook voor in seegrasbeddings. Hulle eet vissies en skaaldiere. Swartogies-slangpalings wat op eenslag geëet word, kan 'n gat in die pens van hul jagter met hul stertpunt maak. Hulle aard goed in groot akwariums.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7