Gaan na inhoud

Thüringers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Europa in omstreeks 480; die Thüringers (Thuringi) in bruin.

Die Thüringers (Latyn: Thuringi, T(h)ueringi of T(h)oringi) was 'n verbond van verskillende Germaanse stamme, veral Hermanduri, maar ook Warne en 'n deel van die Angele en Sueve.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Omstreeks 400 het hulle die Koninkryk van Thüringe gestig, wat gestrek het tussen die Thüringewoud, die middellope van die Elbe en die Moldau, en in die suide amper tot by die Donau.

Na die ineenstorting van die Hunne se ryk in 454 het die Thüringers begin om hul gebied in 'n suidelike en westelike rigting uit te brei, tot in die gebied wat die Franke. Rondom 491 is die Thüringers deur die Frankiese koning Clovis verslaan en aan sy heerskappy onderworpe gestel. Hierdie oorheersing was egter nie blywend nie, want na die dood van Clovis was die Thüringers onder die beheer van drie koninklike broers.

Die Thüringers se ryk is in 531 opnuut verower deur die Franke. Hierdie keer was die onderwerping blywend. Die Thüringers het hul koningshuis verloor en was slegs maar nog 'n groothertogdom onder vele in die Frankiese Ryk.

Onder Radulf het hulle in omstreeks 640 in opstand gekom. 'n Austrasiese leër, wat gelei is deur Adalgisel en Grimoald I, vergesel deur die jong koning Sigebert III, het eers vir Fara, die Agilolfingiese bondgenoot van die Thüringers, verslaan, maar daarna moeilikheid ondervind. Radulf het hom verskans aan die Unstrut en daarin geslaag om die Austrasiese leër in omstreeks 642 te verslaan, danksy 'n paar oorlopers. Teen die einde van die 7de eeu het die Thüringers onder Saksiese heersers geval.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Gregorius van Tours, Galliese biskop