Damaskus

Weergawe deur Xqbot (besprekings | bydraes) op 22:04, 26 Februarie 2014 (Robot: ar:دمشق is een etalage-artikel)

Damaskus (Arabies: دمشق Dimashq, Frans: Damas) is die hoofstad en grootste stad van Sirië‎ met 'n bevolking van sowat 1 711 000 in 2009 en 'n oppervlakte van 105 km². Damaskus is die oudste stedds bewoonde hoofstad ter wêreld en word as UNECSO-Wêrelderfenisgebied gelys.[1]

Damaskus

دمشق

Damas
Lêer:Damsacus infobox2.jpg
Vlag van Damaskus
Vlag
Amptelike seël van Damaskus
Seël
Byname: 
Stad van Jasmyn (مدينة الياسمين‎)
Damaskus is in Sirië
Damaskus
Damaskus
Koördinate: 33°30′47″N 36°17′31″O / 33.51306°N 36.29194°O / 33.51306; 36.29194
LandVlag van Sirië Sirië
Regering
 • GoewerneurBishr Al Sabban
Oppervlak
 • Totaal105 km2 (40,5 vk. myl)
 • Land77 km2 (29,7 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal1 711 000
 • Digtheid6 605/km2 (17 110/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (EET)
 • SomertydUTC+3 (EEST)
Webwerfdamascus.gov.sy

Geografie

Ligging

Damaskus is 15 kilometer oos van die Siries-Libanese grens geleë. Die Golan-hoogtes, wat in die Sesdaagse Oorlog in 1967 deur Israel beset is, is 45 kilometer suidwes van Damaskus geleë. 100 kilometer suid van die stad loop die grens met Jordanië.

Die stadsgebied is in die Barada-vallei, 690 meter bo seevlak teen die voet van die Qasyun-bergpiek, geleë. Die Ghuta-oase is van oudsher die lewensaar van Damaskus. Dit kry sy water uit die Barada, 'n rivier sonder monding wat in die westelike gebergtes van die Anti-Libanon ontspring en dwarsdeur die jaar water het. Oos van Damaskus strek die Siriese Woestyn suidwaarts tot by die Arabiese Skiereiland.

Verwysings

Sjabloon:Link FA