Damaskus
Damaskus (Arabies: دمشق Dimashq, Frans: Damas) is die hoofstad en die grootste stad van Sirië met 'n bevolking van sowat 1 834 750 in 2010 en 'n oppervlakte van 105 km². Damaskus is die oudste steedsbewoonde hoofstad ter wêreld en word as UNECSO-Wêrelderfenisgebied gelys.[1]
Damaskus دمشق Damas | |
---|---|
Stad | |
Damaskus vanaf die Berg Qasioun gesien | |
Byname: Stad van Jasmyn (مدينة الياسمين) | |
Koördinate: 33°30′47″N 36°17′31″O / 33.51306°N 36.29194°O | |
Land | |
Regering | |
• Goewerneur | Bishr Al Sabban |
Oppervlak | |
• Totaal | 105 km2 (40,5 vk. myl) |
• Land | 77 km2 (29,7 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 834 741 |
• Digtheid | 6 605/km2 (17 110/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (EET) |
• Somertyd | UTC+3 (EEST) |
Webwerf | damascus.gov.sy |
Geografie
Ligging
Damaskus is 15 kilometer oos van die Siries-Libanese grens geleë. Die Golanhoogtes, wat in die Sesdaagse Oorlog in 1967 deur Israel beset is, is 45 kilometer suidwes van Damaskus geleë. 100 kilometer suid van die stad loop die grens met Jordanië.
Die stadsgebied is in die Baradavallei, 690 meter bo seevlak teen die voet van die Qasyunbergpiek, geleë. Die Ghuta-oase is van ouds die lewensaar van Damaskus. Dit kry sy water uit die Barada, 'n rivier sonder monding wat in die westelike gebergtes van die Anti-Libanon ontspring en dwarsdeur die jaar water het. Oos van Damaskus strek die Siriese Woestyn suidwaarts tot by die Arabiese Skiereiland.
Verwysings
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Damaskus.