Damaskus (Arabies: دمشق Dimashq, Frans: Damas) is die hoofstad en die grootste stad van Sirië‎ met 'n bevolking van sowat 1 834 750 in 2010 en 'n oppervlakte van 105 km². Damaskus is die oudste steedsbewoonde hoofstad ter wêreld en word as UNECSO-Wêrelderfenisgebied gelys.[1]

Damaskus

دمشق

Damas
Stad
Vlag van Damaskus
Vlag
Amptelike seël van Damaskus
Seël
Byname: 
Stad van Jasmyn (مدينة الياسمين‎)
Damaskus is in Sirië
Damaskus
Damaskus
Koördinate: 33°30′47″N 36°17′31″O / 33.51306°N 36.29194°O / 33.51306; 36.29194
LandVlag van Sirië Sirië
Regering
 • GoewerneurBishr Al Sabban
Oppervlak
 • Totaal105 km2 (40,5 vk. myl)
 • Land77 km2 (29,7 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal1 834 741
 • Digtheid6 605/km2 (17 110/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (EET)
 • SomertydUTC+3 (EEST)
Webwerfdamascus.gov.sy

Geografie

Ligging

Damaskus is 15 kilometer oos van die Siries-Libanese grens geleë. Die Golanhoogtes, wat in die Sesdaagse Oorlog in 1967 deur Israel beset is, is 45 kilometer suidwes van Damaskus geleë. 100 kilometer suid van die stad loop die grens met Jordanië.

Die stadsgebied is in die Baradavallei, 690 meter bo seevlak teen die voet van die Qasyunbergpiek, geleë. Die Ghuta-oase is van ouds die lewensaar van Damaskus. Dit kry sy water uit die Barada, 'n rivier sonder monding wat in die westelike gebergtes van die Anti-Libanon ontspring en dwarsdeur die jaar water het. Oos van Damaskus strek die Siriese Woestyn suidwaarts tot by die Arabiese Skiereiland.

Verwysings