Kurów

Weergawe deur EmausBot (besprekings | bydraes) op 17:13, 5 Februarie 2012 (r2.6.4) (robot Bygevoeg: vep:Kuruv)

Kurów is 'n dorp met 2 811 inwoners in die woiwodskap Lublin in die suidooste van Pole. Dit is onder meer bekend as die geboortedorp van die voormalige Poolse staatspresident en generaal Wojciech Jaruzelski.

Geskiedenis

 

Kurów is tussen 1431 en 1442 volgens Magdeburgse reg gestig. In die 16de eeu was die dorp 'n sentrum van Poolse Calvinisme, tog het die inwoners tot in 1660 die Ariaanse geloof aangeneem. In Februarie 1831 het Poolse troepe onder die bevel van generaal Józef Dwernicki 'n Russiese strydmag verslaan. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Kurów op 9 September 1939 in 'n Duitse bomaanval verwoes.