Neogeen

(Aangestuur vanaf Neogene)

Die Neogeen is die tweede geologiese periode van die Kainosoïese Era en strek van die einde van die Paleogeen sowat 23 miljoen jaar gelede tot die begin van die Kwartêr sowat 2,588 miljoen jaar gelede. Dié periode bestaan uit twee epogs: die Mioseen en die Plioseen.

Tekeninge van fossielen uit die Neogene megafauna in Meyers Konversations-Lexikon (1885–1890)

Die Neogeen strek oor sowat 20 miljoen jaar. In dié periode het soogdiere en voëls verder ontwikkel in baie van die moderne vorme, terwyl ander groepe diere relatief onveranderd gebly het. Die vroeë Hominidae, die voorouers van die mens, het in Afrika sy verskyning gemaak. Van die kontinente het verder geskuif – die belangrikste is Suid-Amerika wat laat in die Plioseen tot teen Noord-Amerika geskuif het. Dit het die warm seestrome van die Stille na die Atlantiese Oseaan afgesny. Die aarde se klimaat het aansienlik afgekoel tydens die Neogeen, en dit het gelei tot ’n reeks ysvormings in die daaropvolgende Kwartêr.

Klimaat en geografie

wysig

Die kontinente was in die Neogeen baie na aan hul huidige posisie. Seevlakke het gedaal en landbrûe het gevorm tussen Afrika en Eurasië en tussen Eurasië en Noord-Amerika.

Die seisoene het ontstaan en die klimaat het steeds kouer en droër geword. Die ys op die pole het dikker geword en teen die einde van die periode het die eerste van ’n reeks ysvormings van die huidige Ystydperk begin.

Flora en fauna

wysig

Die see- en landlewe was teen dié tyd redelik modern. Soogdiere en voëls het steeds die dierelewe buite die see oorheers en het talle vorme aangeneem namate hulle by verskeie habitats aangepas het. Die eerste Hominidae, die voorouers van die mens, het in Afrika ontstaan en na Eurasië versprei.

Meer grassoorte het ontstaan en plantetende soogdiere, soos perde, bokke en bisons, het saam daarmee ontwikkel.

Eksterne skakels

wysig
Proterosoïkum Fanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum   Paleosoïese Era Mesosoïese Era Kainosoïese Era
Ediacarium Kambrium Ordovisium Siluur Devoon Karboon Perm Trias Jura Kryt Paleogeen Neogeen Kwartêr