Akwakultuur is die bedryf om met visse te boer of te teel. Akwakultuur word al lank in Suid-Afrika beoefen en spesies soos forel, baber, kurper en karp word geteel. Vis word geteel as 'n ekstra bron van voedsel, bestaande populasies aan te vul ter wille van oorlewing en vir die ornamentele mark; dit is die mark vir akwariums byvoorbeeld goudvisse. Die Suid-Afrikaanse Akwakultuur Assosiasie is in 1989 gestig.

Dam vir teel van visse.
'n Viskwekery in Slowenië.

Akwakultuur in Suid-Afrika

wysig

Die eerste vis was reeds gedurende die 1890's geteel by Jonkershoek en Pirie. Forel was van die eerste spesies wat geteel is. Aan die begin van 2000 was daar reeds 30 produseerders van forel in Suid-Afrika, meestal in die Oos- en Wes-Kaap en Mpumalanga. Hulle het op daardie stadium 750 ton vis geproduseer teen 'n markwaarde van R 11 miljoen per jaar.

Daar word ook met skerptandbabers (Clarias gariepinus) geboer en produksie was in 2000 120 ton per jaar met 'n markwaarde van oor R 1 miljoen.

Boerdery met kurpers was gedurende 2000 redelik klein met produksie van slegs 11 ton.

Tans word ook gepoog om met die plaaslike bloukurper en uitheemse Nylkurper te teel. Die winsmarges op die bloukurper is kleiner omdat dit twee keer langer vat om uit te broei as die Nylkurper. Die regering wil egter nie toestemming gee vir die teling van die Nylkurper nie, omrede hulle vrees dat dit in plaaslike riviere sal beland met rampspoedige gevolge vir plaaslike visbronne.

Wetgewing

wysig

Volgens die Wet op Omgewingsbestuur van Limpopo, Nr 7 van 2003, word "Akwakultuur" gedefinieer as "die bestuurde produksie, hetsy deur inmenging in die teël/broeiproses, of deur in voorraad te hou, voer, of deur roofbeheerprogramme van vis, ongewerweldes, amfibieë, akwariumplante, of enige ander waterorganismes, en dit sluit in die eiers, ova, viseiers/kuit/padda-eiers/saad, sade, vrugte, bolle, stamme, wortels, of enige ander deel, of afkoms van sodanige organismes in."

Bronne

wysig

Eksterne skakels

wysig