Jamaikaanse patois

taal
(Aangestuur vanaf Jamaikaanse Patois)

Jamaikaanse patois (Engels: Jamaican Patois) is 'n Engelsgebaseerde kreools wat deur sowat drie miljoen mense van die eilandstaat Jamaika gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide kreools van die Karibiese gebiedHaïtiaanse kreools. Jamaikaanse patois dien de facto as nasionale taal van Jamaika.

Jamaikaanse patois
Patois
Gepraat in: Vlag van Jamaika Jamaika 
Gebied: Karibiese gebied
Totale sprekers: 3 miljoen[1]
Taalfamilie: Kreools
 Engels
  Atlanties
   Wes-Atlanties
    Jamaikaanse patois 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Jamaika Jamaika (de facto)
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: jam
Bob Marley (1945–1981), 'n beroemde reggae-kunstenaar wat soms in Jamaikaanse patois gesing het

Die woord patois is van Franse oorsprong en verwys na 'n plaaslike dialek.

Jamaikaanse patois het uit Engels ontwikkel, maar sluit ook leenwoorde uit Afrikatale soos Akan, Ewe, Fula, Igbo, Joroeba, Kongo en Wolof in.

Jamaikaanse patois is veral bekend as moedertaal van verskeie Jamaikaanse musici soos Bob Marley en het as gevolg van reggae se wêreldwye gewildheid en sukses internasionale bekendheid verwerf.

Verwysings

wysig
  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Jamaican Creole English". Ethnologue. Besoek op 16 Julie 2024.

Verdere leesstof

wysig

Eksterne skakels

wysig
 
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Jamaikaanse patois