Kamov Ka-27 Helix A

Kamov Ka-27
Omskrywing
Rol Teen-duikboot helikopter
Bemanning 1-3 bemanning plus 2-3 spesialiste
Eerste vlug Desember 1974
Vrygestel 1982
Vervaardiger Kamov
Afmetings
Lengte 11.30 m
Rotoromtrek 15.80 m
Hoogte 5.50 m
Massa
Leeg 6 500 kg
Gelaai 11 000 kg
Maksimum opstyggewig 12 000 kg
Aandrywing
Enjins 2x Isotov turbo-as
Vermoë 1 660 kW elk
Werkverrigting
Maksimumsnelheid 270 km/h
Normale kruissnelheid 205 km/h
Operasionele reikafstand 980 km
Plafonhoogte 5 000 m
Bewapening
2 000 kg. 2 torpedo's (Ka-27)
55 mm missielrakke of 4 GTLs, 7.62 mm MG, 30 mm kanon (Ka-29)
Sensors
Radar, MAD of dompelsonar, sonarboeie (Ka-27)
RWR, ESM, EW sisteme (Ka-29)

Die Kamov Ka-27 (NAVO naam 'Helix') is 'n militêre helikopter van dieselfde klas as die Ka-50 wat vir die Sowjetvloot ontwikkel is. Tans word die helikopter deur Rusland, Oekraïne, Vietnam, Suid-Korea, China en Indië gebruik. Daar bestaan variasies soos die Ka-28 (uitvoermodel), Ka-29 militêre vervoer (16 troepe), die Ka-31 verkenner, en Ka-32 siviele vervoermodel.

Ka-27
Ka-27 gebruikers
Rooi: militêre gebruik (uitgevoer); blou: siviele gebruik

Die helikopter is ontwerp vir 'n teen-duikbootrol en om troepe te vervoer. Die ontwerpwerk het in 1970 begin en die eerste prototipe het in 1974 gevlieg. Die bedoeling was om die Kamov Ka-25 Hormone, wat toe reeds 10 jaar oud was, met die Ka-27 te vervang. Die helikopter lyk ook baie soos sy voorganger aangesien dit in dieselfde loodsruimte as sy voorganger op 'n skip moes pas. Soos die ander Kamovhelikopters is die Ka-27 ook sonder 'n stertrotor, omrede die ko-aksiale rotors 'n stertrotor oorbodig maak.

Lande waar dit in gebruik is

wysig

Militêre en regeringsgebruik

wysig
  Algerië
  Volksrepubliek China
  • Chinese Volksbevrydingsvloot[1]
  Indië
  Portugal
  • Civil defense[2]
  Rusland
  Sirië
  Oekraïne
  Viëtnam
  Korea
  • Republiek van Korea Lugmag[1]
  • Republiek van Korea Kuswag[3]
  • Korea Bosboudiens[4]

Siviele gebruik

wysig
  Brasilië
  Kanada
  • Vancouver Island Helicopters[6]
  Switserland
  Japan
  • Akagi Helicopter[8]
  Portugal
  • Heliportugal[9]

Trivia

wysig

'n Paar Ka-27's word gebruik in die rolprent No Escape (1994), met Ray Liotta.

Eksterne inligting

wysig

[1] ANGKASA No.07 Edisi April 2007 (p. 17)

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 "World Air Forces 2013" (PDF). Flightglobal Insight. 2013. Besoek op 5 April 2013.
  2. "Kamov Ka32A11BC". EMA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2014. Besoek op 20 Januarie 2014.
  3. "Korea Coast Guard 2012 White Paper". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013. Besoek op 6 Junie 2013.
  4. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013. Besoek op 9 Augustus 2014.
  5. "Helicargo Services". helicargo.com.br. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013. Besoek op 5 April 2013.
  6. "From Russia With Love" (in Engels). Annex Business Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013. Besoek op 5 November 2013.
  7. "Heli Swiss Fleet". heliswissinternational.ch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 5 April 2013.
  8. "Aircraft fleet" (in Japannees). akagi-heli.co.jp. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2013. Besoek op 5 April 2013.
  9. http://www.heliportugal.pt/#/en/fleet/enkamov