Gaan na inhoud

Krieket Wes-Indië: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
Bygewerk
Bygewerk
Lyn 66: Lyn 66:
}}
}}


'''Krieket Wes-Indië''' ([[Engels]]: ''Cricket West Indies'', afgekort “CWI”), voorheen bekend as die '''Wes-Indiese Krieketbeheerraad''' (''West Indies Cricket Board of Control'', WICBC) en later die '''Wes-Indiese Krieketraad''' (''West Indies Cricket Board'', WICB), is die bestuursliggaam wat [[krieket]] beheer in [[Wes-Indië]], d.w.s. die onafhanklike lande [[Antigua en Barbuda]], [[Barbados]], [[Dominica]], [[Grenada]], [[Guyana]], [[Jamaika]], [[St. Kitts en Nevis]], [[St. Lucia]], [[St. Vincent en die Grenadine]] en [[Trinidad en Tobago]], asook die oorsese gebiede [[Amerikaanse Maagde-eilande]] [[Anguilla]], [[Britse Maagde-eilande]], [[Montserrat]] en [[Sint Maarten]]. Die raad is by die [[Internasionale Krieketraad]] (IKR) geaffilieer<ref>{{en}} {{cite web |url=https://www.icc-cricket.com/about/members/americas/full/21 |title=West Indies Cricket Board |publisher=[[Internasionale Krieketraad]] |accessdate=24 Junie 2021}}</ref> en organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend [[Wes-Indiese nasionale krieketspan|Wes-Indië se nasionale seniorkrieketspan vir mans]] (die ''Windies'' of ''Men in Maroon''), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van [[Toetskrieket|toets-]], [[Internasionale eendagwedstryd|EDI-]] en [[Twintig20|T20I]]-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Wes-Indië verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Wes-Indiese span. Krieket Wes-Indië het reeds belangrike toernooie soos die [[Krieketwêreldbeker 2007]] aangebied. Wes-Indië sal saam met die Verenigde State die [[T20I-wêreldbeker 2024]] aanbied.<ref>{{en}} {{cite web |url=https://www.espncricinfo.com/story/usa-co-hosts-for-2024-t20-wc-pakistan-gets-2025-champions-trophy-india-and-bangladesh-2031-world-cup-1289589 |title=USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup |publisher=ESPNcricinfo |author=Nagraj Gollapudi |date=16 November 2021 |accessdate=21 Oktober 2022}}</ref>
'''Krieket Wes-Indië''' ([[Engels]]: ''Cricket West Indies'', afgekort “CWI”), voorheen bekend as die '''Wes-Indiese Krieketbeheerraad''' (''West Indies Cricket Board of Control'', “WICBC”) en later die '''Wes-Indiese Krieketraad''' (''West Indies Cricket Board'', “WICB”), is die bestuursliggaam wat [[krieket]] beheer in [[Wes-Indië]], d.w.s. die onafhanklike lande [[Antigua en Barbuda]], [[Barbados]], [[Dominica]], [[Grenada]], [[Guyana]], [[Jamaika]], [[St. Kitts en Nevis]], [[St. Lucia]], [[St. Vincent en die Grenadine]] en [[Trinidad en Tobago]], asook die oorsese gebiede [[Amerikaanse Maagde-eilande]] [[Anguilla]], [[Britse Maagde-eilande]], [[Montserrat]] en [[Sint Maarten]]. Die raad is by die [[Internasionale Krieketraad]] (IKR) geaffilieer<ref>{{en}} {{cite web |url=https://www.icc-cricket.com/about/members/americas/full/21 |title=West Indies Cricket Board |publisher=[[Internasionale Krieketraad]] |accessdate=24 Junie 2021}}</ref> en organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend [[Wes-Indiese nasionale krieketspan|Wes-Indië se nasionale seniorkrieketspan vir mans]] (die ''Windies'' of ''Men in Maroon''), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van [[Toetskrieket|toets-]], [[Internasionale eendagwedstryd|EDI-]] en [[Twintig20|T20I]]-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Wes-Indië verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Wes-Indiese span. Krieket Wes-Indië het al opgetree as gasheer van belangrike toernooie soos die [[Krieketwêreldbeker 2007]] en die [[T20I-wêreldbeker 2010]]. Wes-Indië sal saam met die Verenigde State die [[T20I-wêreldbeker 2024]] ook aanbied.<ref>{{en}} {{cite web |url=https://www.espncricinfo.com/story/usa-co-hosts-for-2024-t20-wc-pakistan-gets-2025-champions-trophy-india-and-bangladesh-2031-world-cup-1289589 |title=USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup |publisher=ESPNcricinfo |author=Nagraj Gollapudi |date=16 November 2021 |accessdate=21 Oktober 2022}}</ref>


[[Lêer:Cricket West Indies members and affiliates.svg|duimnael|links|’n Kaart van Krieket Wes-Indië se lidlande: Volle lede vertoon '''vet''', onderlede in gewone skrif en geaffilieerde lede is ''kursief'']]
[[Lêer:Cricket West Indies members and affiliates.svg|duimnael|links|’n Kaart van Krieket Wes-Indië se lidlande: Volle lede vertoon '''vet''', onderlede in gewone skrif en geaffilieerde lede is ''kursief'']]
Lyn 90: Lyn 90:
{{Normdata}}
{{Normdata}}


{{DEFAULTSORT:Krieket Wes-Indie}}
[[Kategorie:Krieket in Wes-Indië]]
[[Kategorie:Krieket in Wes-Indië]]
[[Kategorie:Krieketbeheerliggaam]]
[[Kategorie:Krieketbeheerliggaam]]

Wysiging soos op 18:30, 15 Mei 2023

Krieket Wes-Indië
Krieket Wes-Indië
Krieket Wes-Indië
Engelse naam Cricket West Indies
Afkorting CWI
Lande
Sportsoort Krieket
Stigting 1920
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit op 31 Mei 1926
Vastelandse beheerliggaam IKR Amerikas
President Kishore Shallow
Hoof- uitvoerende beampte Johnny Grave
Setel St. John’s, Antigua en Barbuda
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf windiescricket.com

Krieket Wes-Indië (Engels: Cricket West Indies, afgekort “CWI”), voorheen bekend as die Wes-Indiese Krieketbeheerraad (West Indies Cricket Board of Control, “WICBC”) en later die Wes-Indiese Krieketraad (West Indies Cricket Board, “WICB”), is die bestuursliggaam wat krieket beheer in Wes-Indië, d.w.s. die onafhanklike lande Antigua en Barbuda, Barbados, Dominica, Grenada, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago, asook die oorsese gebiede Amerikaanse Maagde-eilande Anguilla, Britse Maagde-eilande, Montserrat en Sint Maarten. Die raad is by die Internasionale Krieketraad (IKR) geaffilieer[1] en organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Wes-Indië se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Windies of Men in Maroon), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Wes-Indië verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Wes-Indiese span. Krieket Wes-Indië het al opgetree as gasheer van belangrike toernooie soos die Krieketwêreldbeker 2007 en die T20I-wêreldbeker 2010. Wes-Indië sal saam met die Verenigde State die T20I-wêreldbeker 2024 ook aanbied.[2]

’n Kaart van Krieket Wes-Indië se lidlande: Volle lede vertoon vet, onderlede in gewone skrif en geaffilieerde lede is kursief

Krieket Wes-Indië is in 1920 as die Wes-Indiese Krieketbeheerraad gestig en is in 1996 in die Wes-Indiese Krieketraad hernoem; sedert 2015 dra dié beheerliggaam die amptelike naam Krieket Wes-Indië. Sedert 31 Mei 1926 is Wes-Indië ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en mag dus toetskrieket speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys.[3]

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Nes ander krieketnasies beskik Wes-Indië oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[4] Wes-Indië A is die tweede nasionale span van Wes-Indië en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status. Die belangrikste krieketligas in Wes-Indië is die Regional Four Day Competition in eersterangse krieket (agt spanne), die Super50 Beker in EDI-krieket (agt spanne) en die Karibiese Premierliga in T20-krieket (ses spanne).

Vlag

Aangesien die Wes-Indiese krieketspan ’n verskeidenheid onafhanklike lande en afhanklike gebiede verteenwoordig, gebruik hulle nie ’n nasionale vlag nie. Die Wes-Indiese Krieketraad gebruik derhalwe ’n embleem met ’n palmboom en krieketpaaltjies op ’n klein sonnige eiland. Dié embleem, op ’n maroen agtergrond, vorm die Wes-Indiese vlag. Die agtergrond het soms ’n wit baan bo ’n groen baan wat deur ’n maroen baan verdeel word, wat horisontaal deur die middel van die agtergrond loop.[5] Voor 1999 het die WIKR ’n soortgelyke embleem met ’n koolpalm op ’n eiland gebruik, maar daar was nie paaltjies nie en pleks van die son is die sterrebeeld Jagter uitgebeeld. Dit is in 1923 ontwerp deur Sir Algernon Aspinall, die destydse sekretaris van die Wes-Indiese Komitee.[6]

Verwysings

  1. (en) "West Indies Cricket Board". Internasionale Krieketraad. Besoek op 24 Junie 2021.
  2. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 21 Oktober 2022.
  3. (en) "West Indies". Internasionale Krieketraad. Besoek op 24 Junie 2021.
  4. (en) Martin Williamson. "A brief history: The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 24 Junie 2021.
  5. (en) "West Indies Cricket Board". Flags of the World. 21 Desember 2013. Besoek op 24 Junie 2021.
  6. (en) Royal Colonial Institute (1923). "Badge of the West Indian Cricket Team now in England". United Empire. Pitman and Sons Ltd. 14: 350. Besoek op 24 Junie 2021.

Eksterne skakels