Gaan na inhoud

Oos-Kaap: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
No edit summary
Lyn 55: Lyn 55:


== Ekonomie ==
== Ekonomie ==
Die groot stede [[Port Elizabeth]] en [[Oos-Londen]] huisves 'n aantal motorvervaardigers en verskeie groot maatskappye. Fabrieke van [[Volkswagen]], [[Ford]], General Motors, Daimler Chrysler, Good Year, Nestlé, Johnson & Johnson, Aspen (farmaseuties) en andere word hier aangetref. Maar die res van die Oos-Kaap is veral [[landbou]]gebied, wat sitrus- en ander [[vrug]]te, [[mielies]] en sorghum produseer. Die omgewing rondom [[Stutterheim]] bestaan uit bosbouplantasies. Die provinsie het ook bees- en skaapplase, laasgenoemde veral in die Groot Karoo. Die oorde wat al langs die Oos-Kaapse kus lê, het groot toerismepotensiaal. Die provinsie se hawens is Port Elizabeth, Oos-Londen en 'n groot nuwe Suid-Afrikaanse hawe, dié van Ngqura (of [[Coega]]). Laasgenoemde is 20 km noordoos van Port Elizabeth se hawe aangelê -- aan die mond van die [[Coegarivier]] in [[Algoabaai]]. Die hawe van Ngqura het in 2011 sy eerste handelsboot verwelkom, en is in Maart 2012 amptelik geopen deur [[Jacob Zuma|President Zuma]].
Die groot stede [[Port Elizabeth]] en [[Oos-Londen]] huisves 'n aantal motorvervaardigers en verskeie groot maatskappye. Fabrieke van [[Volkswagen]], [[Ford]], General Motors, Daimler Chrysler (Mercedes Benz), Good Year, Nestlé, Johnson & Johnson, Aspen (farmaseuties) en andere word hier aangetref. Maar die res van die Oos-Kaap is veral [[landbou]]gebied, wat [[sitrus]]- en ander [[vrugte]], [[mielies]] en sorghum produseer. Die omgewing rondom [[Stutterheim]] bestaan uit bosbouplantasies. Die provinsie het ook [[bees]]- en [[skaap]]plase, laasgenoemde veral in die Groot Karoo. Die oorde wat al langs die Oos-Kaapse kus lê, het groot toerismepotensiaal. Die provinsie se hawens is Port Elizabeth, Oos-Londen en 'n groot nuwe Suid-Afrikaanse hawe, dié van Ngqura (of [[Coega]]). Laasgenoemde is 20 km noordoos van Port Elizabeth se hawe aangelê -- aan die mond van die [[Coegarivier]] in [[Algoabaai]]. Die hawe van Ngqura het in 2011 sy eerste handelsboot verwelkom, en is in Maart [[2012]] amptelik geopen deur [[Jacob Zuma|President Zuma]].


== Bronne ==
== Bronne ==

Wysiging soos op 09:29, 5 Januarie 2014

Oos-Kaap
Eastern Cape
Mpuma-Koloni
Lêer:Coat of arms of the Eastern Cape.svg
Ligging van die Oos-Kaap
Hoofstad Bhisho (voorheen Bisho)
Grootste stad Port Elizabeth
Premier Noxolo Kieviet (ANC)
Oppervlakte
- Totaal
Geranglys 2de
168 966 vk km
Bevolking[1]
 - Totaal (2011)
 - Bev.digtheid
Geranglys 3de
6 562 053
39 / vk km
Tale[1] Xhosa (78,8%)
Afrikaans (10,6%)
Engels (5,6%)
Etniese verdeling[1] Swartes (86,3%)
Kleurlinge (8,3%)
Blankes (4,7%)
Asiërs (0,4%)
Gill-kollege op Somerset-Oos, een van die provinsie se bekende skole.
NG gemeente Molteno se kerkgebou is een van talle geskiedkundige klipkerkgeboue op die Oos-Kaapse platteland.

Die Oos-Kaap (Engels: Eastern Cape, Xhosa IPhondo yaMpuma-Koloni) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Bhisho. Die provinsie is in 1994 gevorm met die samevoeging van die oostelike deel van die voormalige Kaapprovinsie en die "tuislande" Ciskei en Transkei.

Die stede en belangrikste dorpe is Port Elizabeth, Oos-Londen, Grahamstad, King William's Town, Queenstown, Uitenhage, Jeffreysbaai, Mthatha (voorheen Umtata), Aliwal-Noord, Graaff-Reinet en Cradock.

Demografie

  • Bevolking (2011-sensus): 6 562 053.
  • Tale: Xhosa (78,85%), gevolg deur Afrikaans (10,58%).
  • Godsdiens: Christendom 87,1% (2001)
Tale van die Oos-Kaap. Meerderhede soos volg gekleur: ██ Afrikaans ██ Engels ██ Xhosa ██ Zoeloe ██ Suid-Sotho

Geografie

  • Oppervlakte: Sowat 168 966 km2.

Ligging en topografie

Die provinsie lê in die suidooste van Suid-Afrika aan die Indiese Oseaan. Dit word in die noorde begrens deur die Vrystaat, Lesotho en KwaZulu-Natal en in die weste deur die Wes-Kaap en Noord-Kaap. Daar is groot verskille in die landskap, wat wissel van manjifieke strande in die suide en ooste tot grasvlaktes in die oostelike binneland en 'n deel van die barre Groot Karoo in die noordweste. Daar is uitgebreide woude in die suide. 'n Reeks bergreekse loop deur die middel van die Oos-Kaap, en die Witteberge en Drakensberg lê aan die provinsie se noordoosgrens. Die kusstreek vanaf die Groot-Keirivier in die suide tot by Port Edward in die noorde staan bekend as die Wildekus.

Ekonomie

Die groot stede Port Elizabeth en Oos-Londen huisves 'n aantal motorvervaardigers en verskeie groot maatskappye. Fabrieke van Volkswagen, Ford, General Motors, Daimler Chrysler (Mercedes Benz), Good Year, Nestlé, Johnson & Johnson, Aspen (farmaseuties) en andere word hier aangetref. Maar die res van die Oos-Kaap is veral landbougebied, wat sitrus- en ander vrugte, mielies en sorghum produseer. Die omgewing rondom Stutterheim bestaan uit bosbouplantasies. Die provinsie het ook bees- en skaapplase, laasgenoemde veral in die Groot Karoo. Die oorde wat al langs die Oos-Kaapse kus lê, het groot toerismepotensiaal. Die provinsie se hawens is Port Elizabeth, Oos-Londen en 'n groot nuwe Suid-Afrikaanse hawe, dié van Ngqura (of Coega). Laasgenoemde is 20 km noordoos van Port Elizabeth se hawe aangelê -- aan die mond van die Coegarivier in Algoabaai. Die hawe van Ngqura het in 2011 sy eerste handelsboot verwelkom, en is in Maart 2012 amptelik geopen deur President Zuma.

Bronne


Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 statssa.gov.za - 2011-sensus

Eksterne skakels

Provinsies van Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap