Gaan na inhoud

Oos-Kaap: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
Morne (besprekings | bydraes)
No edit summary
Lyn 46: Lyn 46:


=== Ligging en topografie ===
=== Ligging en topografie ===
Die provinsie lê in die suidooste van Suid-Afrika aan die [[Indiese Oseaan]]. Dit word in die noorde begrens deur die [[Vrystaat]], [[Lesotho]] en [[KwaZulu-Natal]] en in die weste deur die [[Wes-Kaap]] en [[Noord-Kaap]]. Daar is groot verskille in die landskap, wat wissel van manjifieke strande in die suide en ooste tot grasvlaktes in die oostelike binneland en 'n deel van die barre Groot [[Karoo]] in die noordweste. Daar is uitgebreide woude in die suide. 'n Reeks bergreekse loop deur die middel van die Oos-Kaap, en die [[Witteberg]]e en [[Drakensberg]] lê aan die provinsie se noordoosgrens.
Die provinsie lê in die suidooste van Suid-Afrika aan die [[Indiese Oseaan]]. Dit word in die noorde begrens deur die [[Vrystaat]], [[Lesotho]] en [[KwaZulu-Natal]] en in die weste deur die [[Wes-Kaap]] en [[Noord-Kaap]]. Daar is groot verskille in die landskap, wat wissel van manjifieke strande in die suide en ooste tot grasvlaktes in die oostelike binneland en 'n deel van die barre Groot [[Karoo]] in die noordweste. Daar is uitgebreide woude in die suide. 'n Reeks bergreekse loop deur die middel van die Oos-Kaap, en die [[Witteberg]]e en [[Drakensberg]] lê aan die provinsie se noordoosgrens. Die kusstreek vanaf die [[Groot-Keirivier]] in die suide tot by [[Port Edward]] in die noorde staan bekend as die [[Wildekus]].


== Ekonomie ==
== Ekonomie ==

Wysiging soos op 17:26, 14 Augustus 2011

Oos-Kaap
Eastern Cape
Mpuma-Koloni
Ligging van die Oos-Kaap
Hoofstad Bhisho (voorheen Bisho)
Grootste stad Port Elizabeth
Premier Noxolo Kieviet (ANC)
Oppervlakte
- Totaal
Geranglys 2de
169 580 vk km
Bevolking
 - Totaal (2001)
 - Bev.digtheid
Geranglys 3de
6 436 761
38 / vk km
Tale Xhosa (83%)
Afrikaans (9,6%)
Engels (3,7%)
Etniese verdeling Swartes (87,6%)
Kleurlinge (7,4%)
Blankes (4,7%)
Asiërs (0,3%)

Die Oos-Kaap is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Bisho. Die provinsie is in 1994 gevorm met die samevoeging van die oostelike deel van die voormalige Kaapprovinsie en die "tuislande" Ciskei en Transkei.

Ander belangrike plekke is onder meer Port Elizabeth, Oos-Londen, Grahamstad, King William's Town, Queenstown, Uitenhage, Mthatha (voorheen Umtata), Aliwal-Noord en Cradock.

Demografie

Tale van die Oos-Kaap ██ Afrikaans ██ Engels ██ Xhosa ██ Zoeloe ██ Suid-Sotho

Geografie

  • Oppervlakte: Sowat 169 580 km2.

Ligging en topografie

Die provinsie lê in die suidooste van Suid-Afrika aan die Indiese Oseaan. Dit word in die noorde begrens deur die Vrystaat, Lesotho en KwaZulu-Natal en in die weste deur die Wes-Kaap en Noord-Kaap. Daar is groot verskille in die landskap, wat wissel van manjifieke strande in die suide en ooste tot grasvlaktes in die oostelike binneland en 'n deel van die barre Groot Karoo in die noordweste. Daar is uitgebreide woude in die suide. 'n Reeks bergreekse loop deur die middel van die Oos-Kaap, en die Witteberge en Drakensberg lê aan die provinsie se noordoosgrens. Die kusstreek vanaf die Groot-Keirivier in die suide tot by Port Edward in die noorde staan bekend as die Wildekus.

Ekonomie

Die groot stede Port Elizabeth en Oos-Londen huisves 'n aantal motorvervaardigers en ander groot maatskappye. Volkswagen, Ford, General Motors, Daimler Chrysler, GoodYear, Nestlé, Johnson & Johnson en andere word hier aangetref. Maar die res van die Oos-Kaap is veral landbougebied, wat sitrus- en ander vrugte, mielies en sorghum produseer. Die provinsie het ook bees- en skaapplase, laasgenoemde veral in die Groot Karoo. Die oorde wat al langs die Oos-Kaapse kus lê, het groot toerismepotensiaal. Die provinsie se hawens by Port Elizabeth en Oos-Londen wag om aangevul te word deur 'n belangrike nuwe Suid-Afrikaanse hawe, dié van Coega (of Ngqura). Dit word tans 20 km noordoos van Port Elizabeth se hawe aangelê -- aan die mond van die Coegarivier in Algoabaai. Die plan is dat die hawe eerlank in bedryf sal kom.

Bronne


Eksterne skakels

Provinsies van Suid-Afrika Vlag van Suid-Afrika
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap