Gaan na inhoud

Sambesi: Verskil tussen weergawes

Koördinate: 17°30′S 24°16′E / 17.500°S 24.267°O / -17.500; 24.267
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
k Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.
k Robot: standardiseer verwysingsjablone en voeg argiefskakels in.
Lyn 38: Lyn 38:


== Ekonomie en infrastruktuur ==
== Ekonomie en infrastruktuur ==
Volgens die 2012 Namibiese Arbeidsmag-opname is werkloosheid in die Sambesi-streek 28.0%.<ref>{{cite news |url=http://www.namibian.com.na/news/full-story/archive/2013/april/article/unemployment-rate-still-alarmingly-high/ |title=Unemployment rate still alarmingly high |last=Duddy |first=Jo Maré |date=11 April 2013 |newspaper=[[The Namibian]] |archive-url=https://web.archive.org/web/20130517042820/http://www.namibian.com.na:80/news/full-story/archive/2013/april/article/unemployment-rate-still-alarmingly-high |archive-date=17 Mei 2013 |url-status=dead|df=dmy-all}}</ref>
Volgens die 2012 Namibiese Arbeidsmag-opname is werkloosheid in die Sambesi-streek 28.0%.<ref>{{cite news |url=http://www.namibian.com.na/news/full-story/archive/2013/april/article/unemployment-rate-still-alarmingly-high/ |title=Unemployment rate still alarmingly high |last=Duddy |first=Jo Maré |date=11 April 2013 |newspaper=[[The Namibian]] |archive-url=https://web.archive.org/web/20130517042820/http://www.namibian.com.na:80/news/full-story/archive/2013/april/article/unemployment-rate-still-alarmingly-high |archive-date=17 Mei 2013 |url-status=dead |df=dmy-all}}</ref>


== Bevolking ==
== Bevolking ==

Wysiging soos op 12:29, 23 Junie 2020

Sambesi
Hoofstad: Katima Mulilo
Grootste stad: Katima Mulilo
Webwerf: www.arc.org.na/home.php?pn=caprivi_council
Ligging van Sambesi in Namibië

Sambesi (Engels: Zambezi), tot om middernag op 8 Augustus 2013 Caprivi, is een van die 14 streke van Namibië. Die streek is voorheen genoem na die Kaprivistrook, wat op sy beurt vernoem is na die Duitse kanselier, Leo von Caprivi. Sambesi se hoofdorp en grootste nedersetting is Katima Mulilo. Die streek word in die weste begrens deur Kawango-Oos. Die goewerneur is Lawrence Sampofu (Swapo).[1]

In die Namibiese plaaslike en streekverkiesings het 2015 Swapo in al agt kiesafdelings gewen.[2]

Aardrykskunde

Die Kaprivistrook waarin die Sambesi-streek geleë is, is 'n tropiese gebied, met hoë temperature en baie reënval gedurende die Desember tot Maart reënseisoen, wat dit die natste streek van Namibië maak. Die terrein bestaan hoofsaaklik uit moerasse, vloedvlaktes, vleilande en bosse.

Grense

Die Sambesi-streek is amper heeltemal omring deur die buiteland. Die enigste binnelandse grens is 'n kort verbinding in die weste met Kawango-Oos.

Die Namibia-Zambië-Botswana tripunt lê minder as 100 meter van die Zimbabwe grens en sodoende word Namibië soms verkeerdelik gedink Zimbabwe te grens.

Flora en fauna

Die streek is tuiste vir 450 dierespesies, insluitend olifante, wat die Sambesi-streek 'n gewilde wildkykplek maak. Die wild word beskerm deur verskeie nasionale parke. Diere reis vrylik oor die ongemerkte grens met Botswana, waar die Chobe Nasionale Park lê. Die Kaprivistrook is ook 'n voorste voëlkyk-gebied, met byna 70 persent voëlspesies wat in Namibië aangetref word, hier aangeteken.

Geskiendenis

Tot die einde van die 19de eeu was die gebied bekend as Itenge, en dit was onder die heerskappy van Lozi konings. In die laat 19de eeu is die strook geadministreer as deel van die Brits protektoraat van Betsjoeanaland (Botswana). Die Duitse Ryk het in 1890 aanspraak gemaak op die Brits-geadministreerde eiland van Zanzibar; Brittanje het beswaar gemaak en die geskil is later op die Koloniale Konferensie van Berlyn gevestig. Op 1 Julie 1890 het die Britte oor Zanzibar en Duitsland die gebied verkry wat bekend geword het as die Kaprivistrook. Leo von Caprivi het gereël dat die Kaprivistrook geheg moet word aan Duits Suidwes-Afrika om Duitsland toegang te gee tot die Zambezirivier as deel van die Heligoland-Zanzibar-verdrag. Die Duitse motivering agter die ruil was om 'n strook grond te verkry wat Duits Suidwes-Afrika verbind met die Zambezirivier, wat maklike toegang tot Tanganyika (Tanzanië) bied en 'n uitlaat na die Indiese Oseaan.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het die Kaprivistrook weer onder Britse heerskappy gekom en is dit as deel van Betsjoeanaland geregeer, maar dit het min aandag gekry en bekend geword as 'n wettelose grens. Die streek het in die 1980's van geopolitieke belang geword toe dit as 'n springpunt gebruik is en die roete vir Suid-Afrikaanse ondersteuning vir die UNITA-beweging in Angola weer verskaf.

Kaprivi-streek het een van Namibië se dertien streke geword toe die land in 1990 onafhanklik geword het.

Ekonomie en infrastruktuur

Volgens die 2012 Namibiese Arbeidsmag-opname is werkloosheid in die Sambesi-streek 28.0%.[3]

Bevolking

Meer as 90 000 mense woon in die Sambesi-streek van Namibië, ongeveer 4% van Namibië se bevolking. Die bevolking bestaan hoofsaaklik uit bestaansboere wat op die oewers van die Zambezi, Kwando, Linyati en Chobe rivier woon.

Verwysings

  1. "President announces governors". The Namibian. 10 April 2015.
  2. Regional Council Election Results 2015. Electoral Commission of Namibia (3 Desember 2015).
  3. Duddy, Jo Maré (11 April 2013). "Unemployment rate still alarmingly high". The Namibian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2013.

17°30′S 24°16′E / 17.500°S 24.267°O / -17.500; 24.267