Gaan na inhoud

Galeniet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Galena)
Galeniet
 
Galeniet 
Formule PbS 
Onsuiwerhede Ag, Cu, Fe, Bi  
Kleur loodgrys 
Streep loodgrys 
Hardheid 2,5 (Mohs) 
Kristalsisteem kubies 
Ruimtegroep Fm3
Strukturbericht-kode B1 
Schoenflies-simbool O5h 
Eenheidsel a = 5.936 Å[1]
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Galeniet (ook bekend as galena en loodglans; Engels: galena) is 'n belangrike looderts wat dikwels ook silwerhoudend is. Dit het die kubiese haliet-struktuur.

Dit is die volopste loodmineraal en -erts en word in lae- tot middel-temperatuur hidrotermale uitlate in stollingsgesteentes en sedimentêre gesteentes met kontak-metamorfose aangetref. Dit kom dikwels saam met piriet, markasiet, chalkopiriet en sfaleriet voor, soms ook saam met kalsiet, kwarts, dolomiet en vloeispaat.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "mindat 1641" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020.
  2. "U. Minnesota" (in Tsjeggies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2017.